2025 Beaufort-wes





HSDA se toutrekkers blink uit in Beaufort-Wes

HSDA se toutrekkers, wat deel is van die De Aar Toutrekklub, het op Saterdag, 13 September, aan die laaste kompetisie van die jaar in Beaufort-Wes deelgeneem.

Die span het uitstekende resultate behaal in die Stewels-liga:

● 480 kg – 2de plek

● 580 kg – 3de plek

● 520 kg – 1ste plek (medalje verwerf)

Dit is voorwaar ’n uitsonderlike prestasie waarop die skool en klub trots kan wees.



HSDA spreek ’n opregte woord van dank uit aan Mnr.

Johan Jonker vir sy toegewyde afrigting deur die jaar, asook aan elke ouer, voog en borg vir hul ondersteuning.

Ons toutrekkers verdien ook elkeen ’n pluimpie vir hul harde werk, spangees en deursettingsvermoë.