2025 SA Junior Toutrek Kampioenskappe





SA JUNIOR TOUTREK KAMPIOENSKAPPE

HSDA se toutrekkers het tussen 21 en 22 Maart 2025 aan die SA Junior Toutrek Kampioenskappe in Mosselbaai deelgeneem. Almal was opgewonde aangesien daar teen van die top spanne in ons land in verskeie gewigskategorieë deelgeneem is en die blootstelling wat die toutrekspanne kry van onskatbare waarde is.

Dissipline en baie ure se voorbereiding moes plaasvind alvorens ons spanne gereed was vir deelname aan die toutrek kampioenskappe. Maar HSDA se leerders was nog nooit bang vir harde werk gewees nie.

Ons spanne het hul staal gewys oor die twee dae en kan voorwaar trots wees op dit wat hulle vermag het as ‘n span.

By die 520kg gemeng vaar De Aar baie goed in Afdeling A en eindig 4de uit die 9 spanne en by die 480kg dogters eindig De Aar A uit die 10 spanne wat deelgeneem het. Voorwaar ‘n besonderse prestasie!



Agter: Iviwe Ciko, Jessy van der Westhuizen, Lumieke Fourie, Hellen Kahugu, Dawson Jonker, Handré Fourie, Vian Skipper, Ohann Diedericks

Voor: Veronique Mouton, Elrisa Truter, Zanri Dumas, Chloe Jonker, Ilan Kleynhans