HSDA SE TOUTREK-STERRE SKITTER!

HSDA is ongelooflik trots op Zanri Dumas en Phillip Wiid, wat die afgelope naweek (1-2 Augustus 2025) aan die SA Senior Toutrekkampioenskappe in Hartenbos deelgeneem het.

Hulle het Griekwas verteenwoordig en met medaljes teruggekeer:

• Zanri Dumas – Goue medalje in die dames 500kg President-afdeling

• Phillip Wiid – Silwermedalje in die mans 600kg o.23 President-afdeling

Baie geluk aan hierdie twee leerders! Hulle toewyding en harde werk is ‘n inspirasie vir ons almal!



Phillip Wiid