HSDA Kleure-atletiek





HSDA Kleure-atletiek

Op 18 Oktober 2025 het Kleure-atletiek afgeskop met die rasieleiers wat almal vermaak het met hul kleurvolle optogte:

Die Blouspan het met groot geesdrif en lawaai die baan binnegekom in ’n blou Audi en polisievoertuig, terwyl die Groenspan met ’n antieke groen motor en twee brullende bakkies hul toetrede gemaak het.

Die dag was ’n groot sukses — vol spangees, entoesiastiese atlete en ’n bitter warm son.

Baie geluk aan die Groenspan, wat as wenners van die dag uit die stryd getree het!