Two Ocean Half-Maraton
HSDA-leerder neem aan Two Oceans Half-Maraton deel
Elrisa Truter van HSDA het op 6 April 2025 aan die jaarlikse Two Oceans half-maraton in Kaapstad deelgeneem.
Vir die 21km half-maraton was haar tyd 2 ure 20 minute en 39 sekondes.
Sy was in die algemeen 7084ste uit 17676 deelnemers, 55ste uit 124 mense in haar kategorie en 2998ste uit 9892 vrouens.
HSDA is baie trots op hierdie arend wat die skool se waardes van hardwerkendheid en deursettingsvermoë uitgeleef het. Baie geluk!