Emthanjeni-atletiekbyeenkoms
Emthanjeni-atletiekbyeenkoms 🏃🏽
Die afgelope naweek het ons atlete deelgeneem aan die Emthanjeni-atletiekbyeenkoms waar slegs baanitems aangebied is.
Ongelukkig was daar geen velditems nie maar dit het beslis nie ons span se gees of deursettingsvermoë gedemp nie!
Ses van ons atlete het die skool met trots verteenwoordig en hulle het baie goed gevaar.
Elke atleet het sy of haar beste op die baan gegee en ons is ongelooflik trots op hul harde werk, sportmangees en toewyding.
Baie dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en die skool se naam hoog gehou het. 🦅
Ons sien reeds uit na die volgende byeenkoms wat volgende naweek in Prieska aangebied word.
Sterkte met die voorbereiding - ons weet julle gaan weer uitstekend presteer!
