ECHS-toer





HOKKIE

Die hokkie het van die 4de tot die 7de April getoer na Bloemfontein en het aan die ECHS toernooi deel geneem.

Ons het teen verskillende skole gespeel waar julle spanspel geoefen het onder andere Rustenburg, Hans Moore, Curro Aurora, Kimberley Girls High, Volkskool Graaff Reinet & Volkskool Heidelberg.

Dit was ‘n verryekende ervaring en ons het baie geleer wat ‘n goeie voorbereiding was vir ons liga wat voorlê.

Dankie ook aan Juffrou Johandrie Nel vir die bestuur van die bus





ECHS NEDERLAND DUITSLAND HOKKIE SPAN

HSDA spog met hokkie-bokkies

Gedurende die ECHS-toer vanaf die 4de tot die 7de April te Bloemfontein is 7 van die toerspan se spelers gekies vir ‘n span wat na Nederland en Duitsland toer vanaf die 5de tot die 15de Oktober.

Die spelers is as volg: Mac-Kayla Kriel, Michyela Oelofsen, Gizzela Krull, Isabel Janse Van Rensburg, Katelynn Pretorius, Anke Barnard en Karia Erasmus.

Baie geluk met hierdie gulde geleentheid.



Spelers wat gekies is vir die ECHS Nederland Duitsland toerspan (5-15 Oktober 2025)

Michyela Oelofsen, Mac-Kayla Kriel, Gizzela KrÜll, Karia Erasmus, Anke Barnard, Katelynn Pretorius, Isabel J van Rensburg.