Kimberley
17 Mei
Op die 17de Mei 2025 het die hokkie se eerste en tweede span in Kimberley teen verskeie skole meegeding.
Die eerste span het daarin geslaag om beide Kimberley Girls High 4-0 en Technical High 10-0 te wen.
Dit was albei liga-wedstryde. Ons is ongelooflik trots op hierdie goeie tellings en sien uit na die res van die seisoen.
Die tweede span het ongelukkig hulle vriendskaplike wedstryd teen Girls High verloor, maar met die blootstelling is hulle gereed vir die opkomende seisoen.

Hokkie eerstespan wen Girls High 4-0 en Tech High 10-0🏑