Semi-finale en finale uitspele
HSDA Hokkie sluit op ’n hoë noot af 🏆
Die afgelope naweek het HSDA se eerste- en tweedespan-hokkiespelers in Kimberley aan die semi-finale en finale uitspele deelgeneem.
Die o.19B-span het in hul semi-finaal met 2–1 teen Hoërskool Kalahari verloor en dus vir die 3de/4de-posisiewedstryd deurgedring.
In die finaal het hulle teen Curro Kathu gespeel en met 2–1 gewen, wat vir hulle die 3de posisie in die liga verseker het.
Die o.19A-span het in hul semi-finaal teen Curro Kathu gespeel. Die telling was 2–2 met die eindfluitjie en ná ’n spanningsvolle uitskietstryd het hulle as wenners weggestap, wat vir hulle ’n plek in die 1ste/2de-posisiewedstryd besorg het.
In die finale het hulle teen Hoërskool Kalahari ’n naelbytwedstryd met 1–0 gewen en dus as die 2025-ligawenners weggestap!
🥇 Hulle bring hiermee vir die tweede jaar in ’n ry die beker huis toe! 🏆
Dit was ’n ongelooflike hokkieseisoen en ons is trots op elke speler wat bygedra het tot hierdie sukses!

Hokkie eerstespan wen Curro in die semi-finaal en dring deur na finale.

Hokkie eerstespan wen die mediumskole-liga teen Kalahari.

Hokkie o.19B eindig derde in die B-liga na 'n baie uitdagende laaste uitspele