Hopetown

HSDA se eerstespan-krieket het die naweek na Hopetown gereis om deel te neem aan die Betway SA20-streekuitspele.
De Aar se krieketseuns was gefokus, goed afgerig en het gehou by die wedstrydplan wat vir hulle uitgestippel is.
Hulle het daarin geslaag om Douglas met 8 paaltjies te klop, en Hopetown met 7 paaltjies huis toe te stuur — kous oor die kop!
Ons sien uit daarna om die komende naweek aan die provinsiale uitspele deel te neem, waar die provinsie se top krieketskole mekaar die stryd sal aansê in Kimberley.
