2025 Pixley-krieketproewe
HSDA-leerders gekies
’n Klompie van HSDA se leerders het onlangs deelgeneem aan die Pixley-krieketproewe vir o.19- en o.16-seuns, sowel as o.16-dogters.
Baie geluk aan al die leerders wat gekies is. Hulle sal die naweek van 5–6 September in Prieska aan die Plattelandse Proewe deelneem.


Die volgende spelers is in die onderskeie spanne opgeneem:
o.19-seuns: Reid du Toit (afwesig), Johandré Ungerer en Mcfidel Swanepoel

o.16-seuns: Adriano de Carvalho, Senzo Fillies, Laythim Jarvis, Tumi Maloka en Saeed Mukhadier

o.16-dogters: Gontlafetse Mbewe – die eerste dogter in HSDA se geskiedenis wat aan hierdie proewe deelgeneem het, en boonop in die span opgeneem is.