CSA nasionale krieket-week
Adriano de Carvalho blink uit tydens provinsiale en nasionale kriekettoernooie
Adriano de Carvalho het tydens die Desember-skoolvakansie aan die CSA nasionale krieket- week deelgeneem as lid van die Noord-Kaap o.16-krieketspan.
Die toernooi het van 10 tot 16 Desember in Paarl plaasgevind.
Die Noord-Kaap-span het teen Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Border-Kei en Noordwes meegeding, met ’n oorwinning teen Border-Kei.
Adriano het as wicketkeeper en medium-orde kolwer opgetree en ’n uitstekende prestasie gelewer.
Hy het altesaam 7 paaltjies geneem (5 vangskote en 2 stumpings), wat hom net een paaltjie onder die toernooi se voorste wicketkeeper geplaas het.
Verder het Adriano van 10 tot 13 Januarie aan die KPL Nasionale Premierliga-kriekettoernooi deelgeneem. Hy het die Kalahari Kings o.19-span verteenwoordig as begin-wicketkeeper en middelorde kolwer.
Adriano het in 8 wedstryde gespeel, waarvan 6 gewen is, wat uiteindelik tot ’n algehele derde plek gelei het.
Sy deelname en prestasies op beide provinsiale en nasionale vlak getuig van harde werk, toewyding en groot potensiaal in krieket.




