CSA nasionale o.17 Rural-Week





Senzo Fillies blink uit by provinsiale kriekettoernooi

Senzo Fillies het gedurende die Desembervakansie deelgeneem aan die CSA nasionale o.17- Rural-Week, wat van 5 tot 9 Desember in Nelspruit, Mpumalanga, plaasgevind het.

Hy was deel van die Noord-Kaap o.17-span wat teen 12 provinsies meegeding het.

Die span het altesaam vyf wedstryde gespeel en drie daarvan gewen.

Senzo het sterk vertonings gelewer en in vier wedstryde vyf paaltjies geneem, nadat hy een wedstryd moes mis.

Die toernooi was ’n besonderse ervaring vir die span, wat op die ou einde geskiedenis gemaak het deur vir die eerste keer ooit derde plek te behaal tydens ’n nasionale week in die Noord-Kaap se geskiedenis.

Hierdie prestasie getuig van Senzo se toewyding, harde werk en talent op die krieketveld.