Krieketkliniek





Dankie, Marius Pienaar!

Hoërskool De Aar wil graag ons opregte dank uitspreek aan oudskolier, Marius Pienaar, wat Donderdag ’n fantastiese krieketkliniek vir ons seuns aangebied het.

Met sy positiewe gesindheid en passie vir die sport het hy waardevolle vaardighede en insig met die spelers gedeel.

Die seuns het baie geleer, dit ongelooflik geniet en met nuwe motivering weggestap.

Baie dankie vir jou betrokkenheid by die skool en vir die opvoedkundige sessie wat jy aangebied het.

Ons waardeer jou ondersteuning.