Douglas
HSDA vs. Douglas
Ons sluit Aprilmaand af met 5 netbalspanne wat na Douglas vir wedstryde reis. Die min wedstrydervaring wat ons het, na al die vakansiedae, het ‘n merk gemaak. Slegs ons 0.15A-span kan met ‘n oorwinning van die baan stap.
Die 0.15-span neem van die begin af die voortou, maar moes met tye bont staan om die voortou te behou. Onnodige foute, misverstande tussen spelers wat die balplasing verkeerd kry, het toegelaat dat hul hard moes werk om die wen te verseker, maar met volgehoue harde werk kon hul as wenners uit die stryd tree.
Die 0.14-span sukkel om aan die gang te kom en daarom sukkel hulle om die ander span se foute in punte om te skakel. In die tweede helfte vaar hulle baie beter en haal die ander span geleidelik in. Hul verloor ongelukkig met 2 doele.
Ons ander spanne het moedig geveg en hul bes probeer, maar kon net nie die sterker Douglasspanne troef nie.
Die wedstryde was egter goeie oefening vir die Wennersdae wat in die volgende twee weke voorlê.