Emthanjeni-proewe
DIAMANT PROEWE NETBAL
Week een van kwartaal twee het met ‘n snelspoed afgeskop. Woensdag, 9 April het 27 van ons netbalspelers aan die Emthanjeni-proewe deelgeneem.
24 van die spelers het daarin geslaag om deur te dring na die Pixley-proewe wat Saterdag, 12 April in De Aar gehou is.
Ons sê baie geluk aan die volgende spelers wat aan die Diamanteproewe die 26ste April in Prieska gaan deelneem.
Lebohang Khotso, Charlteney Loff, Lubulele Hlomela, Kelly Mrubata, Ndimphuvuyo Wonga, Taylor v Tonder, Likhanyise Moni, Bobam Mama en Esona Mvenya.
Baie geluk aan die spelers en baie sterkte vir die volgende rondte proewe.

Lebohang Khotso, Esona Mvenya, Kelly Mrubata, Ndimphuvuyo Wonga, Likhanyise Moni, Lubelele Hlomela, Charlteney Loff, Taylor van Tonder en Bobam Mama