Hartswater





HSDA Netbalspanne skitter teen Hartswater!

Op ’n ysige 26 Julie 2025 het Hoërskool De Aar se netbalspanne warm geskitter op die baan tydens hul wedstryde teen Hoërskool Hartswater.

Die o.14-span het hul alles gegee in ’n taai kragmeting, maar het met slegs 2 punte verloor.

Hierdie naelskraap-nederlaag het egter die vuur aangesteek onder die res van die HSDA-spanne – en hulle het teruggeveg met ywer en trots!

Die o.15- en o.17-spanne het elk met oortuiging geseëvier en hul puik spanwerk, vasberadenheid en geloof in mekaar ten toon gestel.

Die eerstespan het boonop hul eerste oorwinning in ’n geruime tyd behaal – ’n welverdiende oorwinning wat die span se harde werk, groei en onwrikbare gees weerspieël.

Hierdie oorwinning is ’n belangrike mylpaal vir hul en beklemtoon die harde werk en vordering wat hulle reeds gedurende hierdie seisoen gemaak het!

Baie geluk aan al hierdie spanne – julle maak HSDA trots! 💙



Netbal eerste sp0an