Noord-Kaap





HSDA-spanne skitter in Noord-Kaap Uitspele!

Ons is ongelooflik trots op ons o.14-, o.15- en o.17-netbalspanne wat die afgelope naweek aan die Noord-Kaap Netbal Uitspele wat in Upington gehou is, deelgeneem het . Hierdie uitspele het van die beste spanne van regoor die provinsie saamgebring, insluitend groot skole wat aan topklas kompetisie gewoond is.

Ons leerders het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en ware veggees en sportmangees getoon!

Die o.15-span het ’n besondere, sterk toernooi gespeel en met groot toewyding en spanwerk 'n vierde plek behaal.

Die o.17-span het ’n indrukwekkende vertoning gelewer en die derde plek teen taai kompetisie losgespeel.

Die o.14-span het ook waardevolle ervaring, teen van die voorste skole in die streek, opgedoen.

Die spelers se toewyding, opoffering en geesdrif is ’n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap.

Baie geluk!

Julle maak HSDA trots.



0.15 span



0.17 span