Pixley-Wennersdag





HSDA-netbal vlieg hoog.

Op die 14de Mei het Hoërskool De Aar se vier A-netbalspanne aan die Pixley-Wennersdag deelgeneem.

Hierdie spanne het teen ander skole soos HS Douglas, HS Hopetown, HS Victoria-Wes, HS Griekwastad en so voorts gekompeteer.

Hoërskool De Aar se onder 14A- en 15A-netbalspanne het daarin geslaag om eerste in hulle onderskeie ouderdomsgroepe te eindig, waar die onder 17A-netbalspan tweede in hul groep geëindig het.

Al drie hierdie spanne dring na die Noord-Kaap uitspele deur, wat op die 30ste en 31ste Mei in Upington gehou word.

Ons wens hierdie spanne alle sterkte toe en glo hulle sal hul beste gee.

Hoërskool De Aar se netbalspanne het ook op die 17de Mei, na Hopetown gereis om teen hulle op hul sportdag mee te ding.

Die wedstryde was uitdagend en die netbalspanne moes hard werk om kop bo water te hou.

Die onder 14A- en 17A- netbalspanne het teen Hopetown gewen, en die onder 15Bs het gelykopgespeel.

Ons is baie trots op elkeen van die netbalspelers wat hul harte uitgespeel het.

Ons sien uit om hul uitslae vir die res van die seisoen te sien!



0.14 Netbal:

Lebohang Khotso, Je-Nell Fredericks, Lubulele Hlomela, Siyamthanda Nyalela, Charlteney Loff, Swazi April



0.15 Netbal:

Elbenique Makaleni, Liyema de Wee, Cherise April, Ndimphuvuyo Wonga, Cashme-Ann Hendriks, Kelly Mrubata, Anda Matroos



0.17 Netbal:

Erin Merrington, Amber Makellie, Nobu Yekani, Taylor van Tonder, Likhanyise-Moni, Mivuyo Ngqabaza, Hellen Kahugu, Liyolatha Allie



Netbal o.14A wen Hopetown 15-3



Netbal o.15B speel gelykop teen Hopetown