Vaalharts
Netbal
HSDA se eerste netbalspan het die afgelope naweek opgewonde en vasberade die netbalbaan vir die wedstryd teen Vaalharts betree.
Dit was van begin tot einde 'n baie spanningsvolle en vinnige wedstryd, met albei spanne wat mekaar goed aan bande gehou het.
Elke speler het hulle, hul rol met trots en passie vervul, en dit was duidelik dat ons span se harde werk en samewerking vrugte afwerp het.
Ons verdediging was skerp en ons aanvallers het met goeie insig en akkuraatheid gespeel.
Die wedstryd was baie na aan mekaar, maar ons span het met moed en deursettingsvermoë volgehou tot die laaste sekondes.
Uiteindelik kon ons die oorwinning beklink met 'n eindtelling van 21-20.

Netbal 1 ste span