Hoërskool Sentraal



HSDA-Netbal vs Sentraal

Vier van HSDA se netbalspanne skop die 2026-seisoen met wedstryde teen Hoërskool Sentraal, op Beaufort Wes, af.

Waardevolle ervaring is opgedoen vir samespel omdat ons nog min geleentheid gehad het om saam te oefen.

Die spelers was baie entoesiasties en het met goeie gees voluit gespeel.

Ongelukkig kan net die o.17-span daarin slaag om te wen. Die o.15-span verloor met slegs een doel.

HSDA sien uit na Saterdag se wedstryd by die Karoofees.