Netbalkliniek

Netbalkliniek saam Mické Engelbrecht.
Op 13 en 14 Februarie, het HSDA se onder 14- en 15-netbalspanne ‘n netbalkliniek bygewoon wat Mické Engelbrecht in De Aar aangebied het.
Mické is ‘n kranige netbalafrigter en ‘n raakvatter op hierdie gebied. Sy was ‘n NK-Diamonds speelster en het ook al NK-netbalspanne op skoolvlak afgerig.
Sy het haar kennis en ervaring met ons skool se leerders kom deel. Die speelsters het elke oomblik baie geniet en het ook baie geleer.
Ons sien uit na die res van die seisoen om te sien hoe die spanne hierdie afrigting gaan benut.
