2025 Douglas
Naelbyter eindig in oortuigende wen.
Woensdag, 30 April het die eerste rugbyspan van HSDA teen Hoërskool Douglas te Douglas gespeel.
Die wedstryd was uitdagend met ‘n halftyd telling van 19 elk, maar 15 minute in die tweede helfte het HSDA die tempo aansienlik verhoog en tussenspel was uitsonderlik, met ‘n bal wat vinnig tussen hande wissel.
Dit was seepglad! Hoërskool De Aar het daarin geslaag om die wedstryd te wen met ‘n telling van 31 teenoor 19.
Die o.15’s het ongelukkig die wedstryd in die doodsnikke verloor met ‘n telling van 22 teenoor 28.
Die o.17-rugbyspan het egter ‘n weghol-oorwinnig met ‘n telling van 46 – 21 gespeel.
Arend-groete