2025 Griekwaland-Wes-semi-finale





HSDA-spanne skitter in semi-finaal🏉

Die o.17- en eerstespan-rugby het die afgelope naweek aan die Griekwaland-Wes-semi-finale in Kimberley deelgeneem.

Die seuns was goed voorberei vir ’n harde dag van semi-finaal rugby.

Die o.17-span het gelykop teen Curro Kathu (19–19) gespeel.

Ongelukkig dring Curro deur na die mediumskole-finaal, terwyl HSDA in die kleinskole-finaal teen Prieska sal speel.

Die Groot Arend het behoorlik gesweef op Suzuki Park toe HSDA se eerstespan vir Hoërskool Hopetown goed les laat opsê het met ’n eindtelling van 28–17.

Albei spanne sien baie uit na hul onderskeie finale teen hul groot aartsvyand en liga-gunstelinge, Hoërskool Prieska.



Rugby eerstespan wen Hopetown 28-17