HSDA vs Hartswater: Sjampanje-Rugby op sy beste!
Die afgelope naweek het Hoërskool De Aar se rugbymanne kragte gemeet met 'n sterk Hartswater-span en dit was aksie tot die laaste fluitjie!
o.15B-span
Na ’n stadige begin het hulle mooi teruggeveg en ’n puik oorwinning behaal met 28–22.
o.15A-span
Hulle het ongelukkig gesukkel om foutvry te speel en dit het hulle die wedstryd gekos met ‘n telling van 10–21.
o.17-span
In ’n spanningsvolle wedstryd het hulle met ’n naelskraap oorwinning van 22–19 geseëvier. 🦾
1ste span
Die manne het in die eerste helfte skitterende aanvalle geloods, maar kon net een keer punte aanteken ná sewe besoeke aan Hartswater se doellyn.
In die tweede helfte het hulle egter die skroef behoorlik aangedraai met sterk samespel en ’n briljante onderskepdrie deur Zuko Rubushe, wat die wedstryd beklink het met ’n eindtelling van 19-0.
Arend-groete!
Ons is trots op elke speler wat die HSDA-trui met soveel gees en trots dra!