2025 Hopetown





RUGBY TEEN HOPETOWN

Die naweek van die 14de Mei 2025 het die rugbyspanne van HSDA na Hopetown gereis om aan hul sportdag deel te neem.

Die 0.15-rugbyspan het voor bietjie gesukkel en dit moeilik gevind om die span van Hopetown te stop.

Hulle het ongelukkig verloor met ‘n telling van 26-10.

Die 0.17-rugbyspan het hulself onder druk geplaas by die afbreukpunte om nie die bal te beskerm nie, maar het goed kop gehou en gewen met ‘n telling van 26-5.

HSDA se eerste rugbyspan het vir die eerste 15 minute van die wedstryd ‘n barshou gespeel, maar gesukkel om punte aan te teken.

Gedurende die wedstryd het die twee spanne mekaar getoets op verdediging en was die telling, tot en met die laaste minuut van die wedstryd, 14-12 in Hopetown se guns. Hopetown druk ‘n drie in die laaste minuut en verseker ‘n wen met ‘n eindtelling van 21-12.



Rugby o.17 wen Hopetown 26-5.