2025 Kwarteindrondte





Kwarteindrondte-verslag

Op 2 Augustus 2025 het Hoërskool De Aar (HSDA) se o.17- en 1ste rugbyspanne kragte gemeet teen Hoërskool Douglas en Hoërskool Namakwaland onderskeidelik.

Al die kwart-eindstryde het in Kimberley plaasgevind.

Die o.17-span het met 'n naelskraaptelling van 17–14 teen Douglas geseëvier — danksy uitstekende dissipline en skerp besluitneming.

Die eerstespan het Hoërskool Namakwaland laat les opsê met ’n oortuigende oorwinning van 38–22.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die halfeindstryde:

• Die o.17's sal hul staal toets teen 'n veelsydige Curro Kathu-span

• Die eerstespan het ’n appeltjie te skil met Hoërskool Hopetown

Arend-groete



Rugby eerstespan wen 38-22.



Rugby o.17 Wen Douglas 17-14.