2025 Liga-finale
Liga-finale ’n bitter pil om te sluk
Die afgelope naweek het beide die o.17- en 1ste-rugbyspanne van Hoërskool De Aar in die kleinskole- en mediumskole-ligafinale vasgeval teen Hoërskool Prieska.
Albei spanne het gedurende die week met beserings gesukkel en dit het duidelik op die veld gewys...
Die o.17’s het ongelukkig vasgeval met ’n telling van 47–8.
Die 1ste span het die voorreg gehad om onder spreiligte op Suzuki Park te speel.
Hulle het hard geveg om die telbord aan die gang te hou en in die 45ste minuut met 20–12 voorgeloop.
Die span van Prieska het egter net daardie bietjie meer deursettingsvermoë getoon en hard op die punte gedruk. Hulle het vinnig vier drieë agtermekaar gedruk om die eindtelling 36–27 te maak.
Baie geluk aan Hoërskool Prieska met die oorwinning!
Die 1ste span dring egter steeds deur na die Kovsie-semi-finale, aangesien hulle tweede in die Noord-Kaap geëindig het en dit die Noord-Kaap se beurt is om twee spanne na die Kovsie-uitspele te stuur.
Hulle gaan binnekort kragte meet teen Hoërskool Wilgerivier in Welkom.
Arend-groete 🦅