2025 Winterspele

Winterspele 2025 – Durban
Vier van Hoërskool De Aar se o.15-rugbytalente - Saeed Mukhadir, Laythim Jarvis, Mviwe Sam en Dihan Du Toit - het tydens die vakansie van 11 tot 15 Julie aan die Winterspele in Durban deelgeneem as trotse verteenwoordigers van die Griekwas.
Hierdie span het hul staal gewys teen van die land se top provinsies: Gauteng, Wes-Kaap, Limpopo, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap.
Buiten die strawwe kompetisie het die seuns ook Durban se strande geniet en waardevolle ervaring opgedoen!