Cradock

HSDA-leerders verteenwoordig Noord-Kaap by tennistoernooi in Cradock!
Drie van HSDA se tennisspelers — Handré Fourie, Christine Bester en Joshua Sequeira
— het op 11 en 12 Oktober die Noord-Kaap by ’n tennistoernooi in Cradock verteenwoordig.
Die Noord-Kaap het kragte gemeet teen spanne soos die OP Aloes, OP Elephants en Eden.
Hulle het aan enkels, dubbels en gemengde dubbels deelgeneem en uitstekend gevaar.
HSDA is trots op hierdie tennisspelers wat hul skool en provinsie met eer verteenwoordig het.