J.P van der Westhuizen



Dubbelprestasies vir J.P. van der Westhuizen!

J.P. van der Westhuizen het die afgelope naweek in Bloemfontein aan die Vrystaat-tennis-mini deelgeneem, waar hy sy talente op die tennisbaan ten toon gestel het.

Asof dit nie genoeg was nie, het hy ook tydens dieselfde naweek ’n sleutelrol gespeel in sy o.19-rugbyspan se oorwinning in die kwartfinaal van hul liga.

Twee sporte, een naweek – welgedaan, J.P.!