Pixley-proewe



HSDA Tennisspelers wys hul staal by Pixley-proewe

HSDA se tennisspelers het op Saterdag, 1 November, aan die jaarlikse Pixley-tennisproewe in Hopetown deelgeneem en hul staal gewys.

Die volgende spelers is gekies vir die Pixley-tennisspan, wat in die eerste week van Desember aan die Noord-Kaap-tennisproewe gaan deelneem:

Seuns o.15: Handré Fourie (inlas)

Seuns o.19: JP van der Westhuizen, Adriano de Carvalho en Marco de Carvalho

Dogters o.15: Abijah Greyling

Dogters o.19: Christine Bester en Johandré Barkhuizen

Baie geluk aan hierdie spelers wat hul skool met trots verteenwoordig het.

Sterkte met die Noord-Kaap-proewe!