Vrystaatse Mini-toernooi



Karia Erasmus blink uit in Vrystaatse Mini-toernooi

Karia Erasmus het die afgelope naweek haar skool en provinsie met trots verteenwoordig tydens ’n Vrystaatse Mini-toernooi.

Sy het in die o.18-afdeling vir dogters deelgeneem, waar sterk mededinging van spelers uit die Noord-Kaap, Vrystaat en Gauteng teenwoordig was.

Met groot toewyding en deursettingsvermoë het Karia uitstekend gevaar en ’n pragtige vierde plek behaal uit die 16 deelnemers in haar ouderdomsgroep.

Hoërskool De Aar is baie trots op Karia se prestasie.