HSDA



HSDA wys karakter op die tennisbaan

Die tennisspanne van HSDA het onlangs weer hul staal, met puik vertonings teen sterk teenstanders, gewys.

Teen Hoërskool Douglas het HSDA oortuigend met 63–49 geseëvier. Die span het van die begin af die tempo bepaal en met selfvertroue en goeie spanwerk hul oorheersing op die baan bevestig.

Teen Hoërskool Hopetown was dit ’n lekker kompeterende wedstryd met goeie tennis van albei kante. HSDA het tot die einde toe sterk gebly, maar moes uiteindelik met ’n klein verskil van 73–77 die wedstryd afstaan.

Die spelers kan trots wees op hul veggees, deursettingsvermoë en sportmanskap. HSDA se tennis lyk belowend, en die span bou sterk momentum vir die res van die jaar.