Mini-Tennistoernooi Bloemfontein

Tennisspeler van Hoërskool De Aar presteer goed
Een van Hoërskool De Aar se belowende tennisspelers, Handré Fourie, het die afgelope naweek aan ’n Mini-Tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem waar hy die Noord-Kaap verteenwoordig het.
Spelers van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes het aan die toernooi deelgeneem, en die kompetisie was besonders taai.
Handré, het egter uitstekende tennis gespeel en sy staal gewys, onder andere teen die nommer 1 speler van die Vrystaat in hul ouderdomsgroep.
Hy het uiteindelik agtste geëindig uit al die spelers wat aan die toernooi deelgeneem het — ’n puik prestasie op provinsiale vlak.
Baie geluk, Handré! Hoërskool De Aar is trots op jou
