VNK-tennistoernooi Burgersdorp
Hoërskool De Aar blink uit by VNK-tennistoernooi in Burgersdorp
Hoërskool De Aar het die naweek van 6 en 7 Februarie aan die jaarlikse VNK-tennistoernooi in Burgersdorp deelgeneem.
Spanne soos Union, Hoërskool Cradock, Jim Fouché en Hoërskool Burgersdorp het ook deelgeneem, wat die kompetisie besonder sterk gemaak het.
Hoërskool De Aar het vanjaar in beide die A-liga en die B-liga meegeding. In die A-liga het die skool se seuns- en dogterspanne uitstekend gevaar deur tot die uitkloprondtes deur te dring en albei tweede in die toernooi te eindig.
In die B-liga het Hoërskool De Aar se seunspan ’n puik prestasie gelewer deur die toernooi te wen.
Hierdie uitstekende prestasies getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware span-gees.
Hoërskool De Aar is trots op elke speler se toewyding en sportmanskap en sien met groot opgewondenheid uit na nog groter suksesse op die tennisbaan

HSDA se eerste dogters- en seunstennisspan het tweede geëindig in die A-liga van die jaarlikse VNK-tennistoernooi wat op Burgersdorp plaasgevind het.
Die tweede seunstennisspan het die B-liga gewen!
