2022 Northern Cape Cycling Tzaneen





ELIZCA BESTER – NOORD-KAAP FIETSRY

ELIZCA BESTER het die afgelope naweek te Tzaneen die Noord-Kaap skole fietsry span verteenwoordig. Sy was die Junior dames leier.

Die baan was baie moeilik, met “ramps” en skerp draaie. Elizca het baie geval en ongelukkig haar wedren vertraag, nadat sy ’n skouerbesering opgedoen het, maar sy voltooi die baan en eindig sesde van agttien meisies in haar ouderdomsgroep.

Na die vele valle, skoene wat breek, hempie wat skeur en beserings, het sy tog die Noord-Kaap span se naam hoog gehou. Baie geluk Elizca – ons is trots op jou!