2022 XCM Inter Provinsiale MTB Kampioenskap



“BATTLE OF THE BIKES”

Elisca Bester, graad 11 leerder van HSDA ry reeds fiets vir die skole NK span vanaf verlede jaar. Sy is die spanleier van hierdie NK skole fietry span.

Hierdie week is Elisca nou ook vir die Algehele Noord-Kaap span, van alle ouderdomme gekies.

Dit is voorwaar ’n groot prestasie!

Voortaan verteenwoordig sy dus Noord-Kaap in alle wedrenne.

Sy ry die komende week in Tzaneen, se skole Nasionaal, en daarna gaan sy NK by die Interprovinsiale MTB fietswedren in Magersfontein verteenwoordig.

HSDA is trots op hierdie leerder.