Sishen Junior Ope



ANDRé THERON: ʼn leerder van HSDA het die afgelope naweek in Kathu aan die 2019 Sishen Junior Ope kampioenskappe deelgeneem. Hy het hom baie goed van sy taak gekwyt en ʼn derde plek behaal.

Dit was die vierde toernooi waaraan André hierdie jaar deelgeneem het om vir die Noord-Kaap span te kwalifiseer. Hy lê tans negende op die rangleer.

Baie geluk met die mooi prestasie