Emthanjeni byeenkoms





HOëRSKOOL DE AAR ATLETIEK

Die afgelope week het die atletiekseisoen met die Emthanjeni byeenkoms afgeskop wat in De Aar by Merino Park gehou is.

18 van HSDA se atlete het daar gaan deelneem en hul staal gewys. Vyftien atlete het deurgedring na die Pixley byeenkoms wat die afgelope naweek in Prieksa gehou is.

Ons atlete het baie goed gevaar en het 7 medaljes ontvang.

Ons wens die volgende atlete wat madaljes ontvang het, geluk: Marnu Deyzel het ‘n brons medalje vir diskus seuns onder 15 ontvang. Antoné Menne verwerf, vir dogters onder 17, 2 goue medaljes vir onderskeidelik spiesgooi en diskus. Shanique Williams verwerf ‘n brons medalje vir spiesgooi dogters o.19. Iling Fan ontvang ‘n silwer medalje vir 110m hekkies by dogters o.19. Maxwenique Jooste ontvang silwer vir verspring en goud vir driesprong by dogters o.19.

Baie geluk aan al die atlete, julle is HSDA se trots.



Shanique Williams verwerf ‘n brons medalje vir spiesgooi dogters o.19.

Marnu Deyzel het ‘n brons medalje vir diskus seuns onder 15 ontvang.

Maxwenique Jooste ontvang silwer vir verspring en goud vir driesprong by dogters o.19.

Antoné Menne verwerf, vir dogters onder 17, 2 goue medaljes vir onderskeidelik spiesgooi en diskus.

Iling Fan ontvang ‘n silwer medalje vir 110m hekkies by dogters o.19.