Adamantia





HSDA HOKKIE WEN OORTUIGEND!

Drie hokkiespanne het die afgelope naweek in Kimberley teen Hoërskool Adamantia hokkie gespeel.

Die 0.18B-span speel teen ʼn gemengde eerste en 0.16 span van Adamantia. Die wipplankwedstryd toon dat HSDA se B-span hulself goed van hul taak gekwyt het. Hul verloor die wedstryd ongelukkig 2-1.

Die 0.18 A span speel ʼn pragtige aanvallende wedstryd. Hul opponente kry nie veel kans om aan te val nie en moet verbete veg om kop bo water te hou. Die span wen oortuigend 7-0.

Die eerstespan sukkel gedurende die eerste helfte van die wedstryd om deur hul opponente se verdediging te dring, maar na die rustyd telling van 1-0 spring hul vinnig uit die wegspringblokke. HSDA wen met 5 doele teenoor 0.