Cradock





HOKKIE VERSUS HOëRSKOOL CRADOCK

Drie hokkiespanne het die afgelope naweek teen Hoërskool Cradock meegeding.

Die 0.18 B span speel hul eerste wedstryd van die seisoen as ʼn span saam en vaar baie goed. Die span verdedig baie goed, maar verloor ongelukkig 2-0.

Die 0.18A-span speel van meet af ʼn aanvallende wedstryd. Die tuisspan moes behoorlik bontstaan om HSDA uit hul doelgebied te hou. Hul wen die wedstryd oortuigend 1-0.

Die eerstespan staan hul man teen die gedugte span van Hskool Cradock. Die spelers sukkel egter om hul voete te vind. Ondanks HSDA se heldhaftige verdediging, slaag hul opponente daarin om deur die verdediging te breek. Die tuisspan wen 3-0.



Eerste span hokkie - HSDA maak gereed om hul korthoekie te verdedig.