Hartswater





HSDA Eerste Hokkie

Hoërskool De Aar se eerste hokkiespan het Woensdag 27 April hul eerste Ligawedstryd teen Hoërskool Hartswater gespeel.

Hoërskool Hartswater teken die eerste doel in die eerste helfte aan en twee in totaal. HSDA het egter drie doele aangeteken en slaag daarin om die wedstryd 3-2 te wen!

Ons is trots op die hokkiemeisies en sien uit na die res van die seisoen.