Mosselbaai





Die afgelope naweek het agttien van Hoërskool De Aar se dogters in Mosselbaai by van die beste afrigters in die land professionele hokkie afrigting gekry.

Die kliniek is deur Elsie Coetzer en haar span (ECHC) by Hoërskool Punt aangebied.

Die afrigters het gefokus op die leerders se swakpunte en verskillende oefeninge is gegee sodat hulle kan verbeter.

Ons het baie geleer en sien uit na die jaar wat voorlê.

Tydens hierdie hokkiekliniek is ses spelers van Hoërskool De Aar deur ECHC gekies om na Nederland te toer.

Die leerders is as volg:

Mariéke Steyn, Shanél J. van Rensburg, Anika Steyn, Welmy Erasmus Vuyisa Mata en Girisha Lakka.

Baie geluk!





Voor: Mariéke Steyn, Shanél J. van Rensburg, Anika Steyn, Welmy Erasmus

Agter: Vuyisa Mata en Girisha Lakka.