Noord-Kaap Platteland Hokkieproewe



HOKKIE NK PLATTELANDPROEWE

Op Vrydag, 6 Mei 2022 het agt van HSDA se eerste hokkiespan dogters aan die NK Plattelandproewe te Upington, gaan deelneem.

Vier dogters het aan die 0.16 proewe deelgeneem en die ander vier aan die 0.18 proewe.

HSDA wil die volgende spelers gelukwens met hul verkiesing tot die Platteland Hokkiespanne.

0.16 Anika Steyn, Nazlin Dowie

0.18 Shanél Janse van Rensburg

Baie geluk – HSDA is trots op julle!





Eerste Hokkie

Hsda se eerste hokkiespan het die afgelope naweek na Upington gereis om deel te neem aan die Noord-Kaap Platteland Hokkieproewe. Die name van hierdie leerders wat wel die span gemaak het moete nog bekend gemaak word.

Op Saterdag, 7 Mei het die span twee wedstryde teen Hskool Duineveld gespeel. Alhoewel dit nie die volledige span was nie en baie van die spelers met nuwe posisies bekend moes word, slaag hul daarin om hul eerste wedstryd 4-0 te wen.

Die tweede wedstryd het hul ’n moeiliker stryd gehad en het ongelukkig verloor.

Die dames het hul goed van hul taak gekwyt. Ons is trots op hierdie spanne.