Vaalharts





HOKKIE VAALHARTS

HSDA se eerste hokkiespan kom vroeg Saterdagoggend te staan dteen VHHS (brode) se eerstespan.

Die vakansie se rus veroorsaak dat ons span in die eerste tien minute sukkel om aan die gang te kom en is daar verskeie kanse wat net nie in ’n doel omgeskakel kan word nie.

Hul bly egter die spel oorheers en boer in die Brode se helfte en slaag daarin om die eerste doel vroeg na die eerste blaaskans aan te teken.

Daarna is daar geen keer aan hulle nie. Die agterspelers verseker dat die bal elke keer teruggestuur word sodat die Brode nooit ’n kans kry om ’n telling aan te teken nie.

Die finale telling is 4-0 vir HSDA!

Ons tweede span kom te staan teen Futurum se hokkiespan wat ’n gemengde seuns en dogterspan is.

Ons jong spelers laat hul glad nie afskrik deur die vinnige spel van die seuns nie en neem sommer gou die voortou.

Hul kwyt hulself baie goed van hul taak en speel baie goed saam. Die eindtelling is twee elk.



Eerste span wen 4-0