Platteland Astro





HSDA Hokkie

DE AAR – Hoërskool De Aar se hokkie meisies het Vrydag, 24 Februarie aan die Platteland Astro Toernooi in Upington gaan deelneem.

Beide die o/19 en o/16 spanne het deelgeneem en die uitslae was soos volg:

HSDA o/19 vs Hoërskool Upington wen 2 - 1,

HSDA o/19 vs Curro Kathu verloor 1 - 0,

HSDA o/16 vs Hoërskool Duineveld (eerste wedstryd) verloor 1 - 0 en

HSDA o/16 vs Hoërskool Duineveld (tweede wedstryd) wen 1 - 0.

Op Saterdag, 25 Februarie het 10 van HSDA se meisies aan die Noord Kaap Platteland Hokkie proewe deelgeneem.

Die uitslae is ongelukkig nog nie bekend nie.

Hierdie hokkiebokkies het hulself terdeë geniet en nie eers Upington se vuurwarm son kon hulle nie onderkry nie.

HSDA sport skrik nie vir die langpad nie en staan ook vir niemand terug nie.



PLATTELAND ASTRO TOERNOOI IN UPINGTON

HSDA se hokkie meisies het Vrydag 24 Februarie, aan die Platteland Astro Toernooi in Upington gaan deelneem.