Boksburg





BOKSBURG NETBAL

Die afgelope naweek het HSDA se onder 17 netbalspan aan die Nasionale Uitspele in Boksburg gaan deelneem.

Die span het teen van die topskole in die land gespeel, onder andere Affies, Eldoraigne, Paarl Meisieskool en Klerksdorp.

Ten spyte van die taai kompetisie het die span hulle beste gelewer.

Hulle eindig algeheel elfde in die Ubuntu Afdeling.

Baie geluk met die prestasie. HSDA is trots op julle!





Leerders wat gekies is vir die Noord-Kaap netbalspan.

Hulle het gedurende die Junie - vakansie in Boksburg aan die All Ages toernooi deelneem:

Noluvu Tybosch, Bronwyn Louw, Enchanté du Preez, Leigh-Ché Swarts Nikisha Metcalfe en Zani Mbalula