Mediumskole Netbal liga





HSDA NETBAL

Saterdag 3 Augustus neem die wenners van die mediumskole netbal liga uit die twee sirkels teen mekaar deel.

Ons 0.15-span speel in die 0.17-liga se semi-finaal teen Hoërskool Kathu. Hul spring met mening weg en bly ʼn kort-kop voor die opponente. Na halftyd het hul foute in hul spel uitgeskakel en slaag daarin om 8-3 te wen.

In die finaal kom hulle te staan teen Hoërskool Kalahari van Kuruman. Ten spyte van die feit dat die kompetisie heelwat langer as hulle is, werk hul hard en is hul half-tyd gelykop. Daarna sluip onnodige foute in en sukkel die doele teen die lang verdedigers Hul verloor ongelukkig die wedstryd.

Die wedstryde was egter goeie voorbereiding vir die nasionale 0.15-uitspele waaraan hulle die einde van Augustus gaan deelneem.





HSDA 0.15 Netbal Medium skole finale