Uitspele in Upington





HSDA NETBAL

Op 13 Junie speel al vier ons A-spanne in die Provinsiale Uitspele in Upington. Al die wenspanne uit die vyf onderwysdistrikte in die Noord-Kaap neem hier deel om te bepaal watter spanne aan die Nasionale Uitspele in Boksburg gaan deelneem.

Ons eerstespan verloor ongelukkig in die finaal teen HS Hopetown en eindig dus 2de in die Ubuntu – afdeling.

Die 0.17-span wen al hul wedstryde en eindig eerste in hul afdeling. Die 0.15-span wen al hul wedstryde en eindig eerste in hul afdeling.

Die 0.15-span wen al hul wedstryde om na die finaal deur te dring. Oppad na die finaal reken hulle onder andere af met HS Namakwaland. Hul begin baie stadig in die finaal teen Augrabies Intermediêre skool en is nie in staat om die agterstand weer in te haal nie, al speel hul in die tweede helfte baie goed!

Ons 0.14 – span eindig tweede in hul uitspeelpoel. Hul kom te staan teen HS Namakwaland in die semi-finaal. HSDA se senter is vroeg in die wedstryd ernstig beseer en met die verskuiwings in die span, wat daarmee gepaard gaan, ka8x n hul ongelukkig nie die knoop deurhaak nie. Hul eindig derde.



0.15 Silwer medalje wenners in NK Kay Motsepe netbal kompetisie



0.17 Ubuntu Noord-Kaap netbalwenners



Eerste netbalspan 2de in die Ubuntu Noord-Kaap netbal afdeling.